Queen

Queen
Queen tydens 'n optrede in Frankfurt in 1984.
Agtergrondinligting
OorsprongLonden (Verenigde Koninkryk)
GenresRock
Jare aktief1970hede
EtiketteParlophone
Hollywood Records
Webwerfhttp://queenonline.com/
LedeBrian May
Roger Taylor
Gewese ledeJohn Deacon (afgetree)
Freddie Mercury (oorlede)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Queen is 'n Engelse rock-groep wat in 1970 in Londen gestig is deur die kitaarspeler Brian May, sanger Freddie Mercury en tromspeler Roger Taylor. Die groep is in 1971 met John Deacon op baskitaar aangevul. Met tientalle treffers in die jare 1970, '80, '90 en die 2000's is Queen een van die suksesvolste popgroepe in die geskiedenis.[1][2] Die groep is bekend vir hul musikale veelsydigheid, geslaagde verwerkings en harmonieë en kragtige optredes. Hul optrede tydens Live Aid in 1985 is twintig jaar later in 'n peiling as die beste regstreekse optrede ooit aangewys.[3]

Queen se groot deurbraak was in 1974 met hul treffer Killer Queen en die album A Night at the Opera 'n jaar later. Die groep het altesaam vyftien ateljee-albums, sewe regstreekse albums, twee kortspelers, tien DVD's, verskeie versamelalbums en tientalle enkelspelers uitgereik. Daarnaas het al die groeplede ook hul eie soloprojekte onderneem. Na raming het die groep wêreldwyd meer as 300 miljoen albums verkoop.[4]

Ná Mercury se dood in 1991 het Deacon hom uit die openbare lewe onttrek. May en Taylor werk steeds saam, en sedert 2005 saam met Paul Rodgers onder die naam Queen + Paul Rodgers.

In 2018 word die rolprent Bohemian Rhapsody uitgereik wat met vier Oscars vereer is in 2019 tydens die 91ste Oscar-toekenningsaand.

  1. (en) Queen head all-time sales chart BBC, 16 November 2006
  2. (en) List of best-selling music artists op die Engelstalige Wikipedia
  3. (en) Queen win greatest live gig poll, BBC, 9 Oktober 2005.
  4. (en) Queen proves there's live after Freddie Geargiveer 24 Junie 2007 op Wayback Machine, OhMyNews.com, 25 Januarie 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search